Maroela Media Nuus @maroelamedia_mv Channel on Telegram

Maroela Media Nuus

@maroelamedia_mv


Nie-amptelike Maroela Media nuusartikels
https://maroelamedia.co.za/ondersteun-ons/

Kontak: @conactadmin

Maroela Media Nuus (Afrikaans)

Wil jy op die hoogte bly van die nuutste nuus en gebeure in Suid-Afrika? Dan is die Telegram-kanaal 'Maroela Media Nuus' die ideale plek vir jou! Hier vind jy nie-amptelike Maroela Media nuusartikels wat jou op die voorpunt van die nuus hou.

Maroela Media is bekend vir hul betroubare verslaggewing en diep insig in plaaslike gebeure. Deur hierdie Telegram-kanaal te volg, sal jy verseker wees van akkurate en relevante nuus wat jou op hoogte hou van alles wat in Suid-Afrika aan die gang is.

Besonderhede oor belangrike gebeure, politieke ontwikkelinge, ekonomiese nuus en nog baie meer word deur Maroela Media behandel en deur 'Maroela Media Nuus' op Telegram gedeel.

Vir meer inligting en toegang tot hierdie waardevolle bron van nuus, kan jy die kanaal @maroelamedia_mv besoek. Moet nie wag nie! Sluit vandag nog aan by die 'Maroela Media Nuus' Telegram-kanaal en bly op die voorpunt van die nuutste nuus in Suid-Afrika!

Maroela Media Nuus

21 Feb, 19:00


Senzo verbaas oor Trump se plaasmoordsyfers
Die polisiebestuur en Senzo Mchunu, minister van polisie, het Vrydag die jongste kwartaallikse misdaadstatistieke bekend gemaak waartydens hy gevra het “wie is die ‘boere’ waarna pres. Donald Trump van die VSA verwys”.

Maroela Media Nuus

21 Feb, 18:00


Nog ʼn verdagte in Louis Liebenberg-saak vas
Wanneer die omstrede sakeman en diamanthandelaar Louis Liebenberg weer in die hof verskyn, sal dit dié keer saam met nege medebeskuldigdes wees.

Maroela Media Nuus

21 Feb, 17:00


Ministers ‘robuus’ in G20-vergadering
Die ministers van buitelandse sake wat vandeesweek se G20-beraad in Johannesburg bygewoon het, is op pad huis toe sonder dat die tradisionele G20-familiefoto geneem is. Dit is egter nié omdat sommige ministers nie langs hul Russiese eweknie op die foto wou verskyn nie, soos daar beweer word.

Maroela Media Nuus

21 Feb, 17:00


Sakeliga maan sakelui oor indiensnemingskwotas
Die  departement van arbeid beoog om teen einde Maart vanjaar sy kwotas vir die indiensneming op grond van ras, geslag en gestremdheid bekend te maak.

Maroela Media Nuus

21 Feb, 16:00


DA kap regering se duur veldtog om NGV te bevorder
Die DA het ʼn fel aanval geloods op dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, weens ʼn duur advertensieveldtog om die omstrede Wet op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te bevorder.

Maroela Media Nuus

21 Feb, 15:00


Brande in Wellington, Witzenberg-vallei woed voort
Intussen het brandbestryders op Wellington vir die vierde dag aaneen met hul stryd teen die verwoestende vlamme voortgegaan.

Maroela Media Nuus

21 Feb, 15:00


VSA: Regter verwerp aansoek oor staatsamptenare se afdanking
  Dit dien as nog ʼn regsoorwinning vir Trump in sy plan om te regering se arbeidsmag te besnoei.

Maroela Media Nuus

21 Feb, 14:00


Polisie moet opdok ná ontmande ‘verkragter’ se arrestasie
Die polisie in KwaZulu-Natal sal moet opdok nadat daar bevind is ʼn man wat nie ʼn penis het nie, verkeerdelik van verkragting aangekla en vir amper 50 dae onregmatig aangehou is.

Maroela Media Nuus

21 Feb, 14:00


Musk swaai kettingsaag rond by byeenkoms
Die saag dien onder meer as ʼn simbool vir die besnoeiing van staatsbesteding – ʼn kwessie wat hoog op pres. Donald Trump se agenda is.

Maroela Media Nuus

21 Feb, 14:00


Waarnemende balju in Limpopo vermoor
Hy is vermoor terwyl hy glo besig was om sy amptelike pligte uit te voer.

Maroela Media Nuus

21 Feb, 14:00


Boeties met heli huis toe ná swaar reën
“Dit is ʼn riem onder die hart om te weet daar is mense wat ʼn ouerhart verstaan en tot die uiterste sal gaan om lede van gesinne bymekaar te bring.”

Maroela Media Nuus

21 Feb, 13:00


Vier veeltaligheid, moedertaalonderrig – minister
“Deur moedertaalonderrig aan te moedig versterk ons nie net die grondslag van onderrig nie, ons kweek ook ʼn sin van trots en identiteit by ons leerders,” sê Siviwe Gwarube, minister van basiese onderwys, op Internasionale Moedertaaldag.

Maroela Media Nuus

21 Feb, 13:00


‘Ons bloed is oranje!’ verklaar Steve met nuwe proteslied
“Oranje is nie ʼn nuwe simbool nie. Dit staan al vir baie jare aan die kern van Afrikaner-herkoms, ons ontstaansgeskiedenis én die Afrikaanse taal.”

Maroela Media Nuus

21 Feb, 13:00


DRK | Sanksies teen Rwandese minister; SA nié verras
Suid-Afrika sê al geruime tyd dat die Rwandese regering die M23 in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) steun.

Maroela Media Nuus

21 Feb, 12:00


Israel verskerp reaksie teen ‘terreur’ na busse ontplof
“Ons kan bevestig dat ʼn groot getal veiligheidsmagte ontplooi is om die verdagtes op te spoor. Springstofeenhede soek ook steeds na moontlike verdere springstof in die gebied.”

Maroela Media Nuus

21 Feb, 11:00


Misdaadsyfers daal; meer geweld teen kinders
Die moordsyfer het volgens die polisie se jongste syfers met net minder as 10% gedaal in vergelyking met die dieselfde tydperk ʼn jaar tevore, met byna die helfte van alle moorde wat in Gauteng en KwaZulu-Natal gepleeg word.

Maroela Media Nuus

21 Feb, 11:00


Hofoorwinning vir e-pendeldiens: Wanatu gaan terug werktu
Wanatu het in die hof bewys dat dit “onmoontlik” was om die nodige permitte te bekom omdat Gautengse opgehou het om permitaansoeke te aanvaar en te verwerk.

Maroela Media Nuus

21 Feb, 11:00


Oudpolisiereservis skuldig ná hy man tydens inperking doodskiet
ʼn Voormalige polisiereservis wat tydens die covid-19-inperking ʼn pa van drie doodgeskiet het wat buite was om sy kinders in te roep, is in die…

Maroela Media Nuus

21 Feb, 10:00


Chaos by US weens betogings oor studieskuld
Martin Viljoen, woordvoerder van die US, sê die groep betogers het later ook Victoriastraat versper, waarna die universiteit die polisie se eenheid vir openbare orde ontbied het.

Maroela Media Nuus

21 Feb, 10:00


Oorskot nie die van Israeliese gyselaar-ma
Israel het intussen opnuut onderneem om Hamas te vernietig.

Maroela Media Nuus

16 Feb, 15:00


Gautrain-busdiens opgeskerp tussen Rosebank, Parkstasie
Gautrain het sy busdiens tussen Rosebank- en Parkstasie beduidend opgeskerp as ʼn gebeurlikheidsmaatreël terwyl treinbedrywighede tussen dié twee stasies opgeskort bly.

Maroela Media Nuus

16 Feb, 15:00


Die week in foto’s
Beleef die afgelope week se wêreldwye nuusgebeure in foto’s.

Maroela Media Nuus

16 Feb, 14:00


DA eis doeltreffende hawebestuur in Kaapstad
Die Kaapstad-hawe hanteer 55% van Suid-Afrika se landbou-uitvoere. Hierdie uitvoere onderhou sowat 225 000 werksgeleenthede en dra R20 miljard tot belastinginkomste by.

Maroela Media Nuus

16 Feb, 14:00


Memorandum sal aan Trump oorhandig word, bevestig ambassade
Die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika het bevestig dat hy Saterdag ʼn petisie ontvang het wat aan pres. Donald Trump gerig is.

Maroela Media Nuus

16 Feb, 12:00


Liefdesgedig word toptreffer vir Len Muller
“My geloof is ʼn getuienis wat deurkom in my musiek, of ek dit so bedoel of nie. Die liedjie is daarom ook ʼn getuienis van God se liefde vir sy kinders.”

Maroela Media Nuus

16 Feb, 12:00


Skietery in Limpopo ondersoek
Die polisie in Limpopo stel ondersoek in na ʼn voorval waartydens Johan Hattingh (40) in Mokopane (Potgietersrus) doodgeskiet is.

Maroela Media Nuus

16 Feb, 11:00


Diplomatieke sendings op pad na die VSA
“Ons organisasie glo dat ons ’n wesenlike bydrae kan lewer om die skade wat deur die huidige diplomatieke geskil, maar ook jare se oneerlikheid, skynheiligheid en bloot net swak diplomasie veroorsaak is, by te lê.”

Maroela Media Nuus

16 Feb, 10:00


Skoliere honger gelaat weens swak finansiële bestuur
Sommige skole en koshuise moes heeltemal sluit weens ‘n gebrek aan maaltye.

Maroela Media Nuus

16 Feb, 10:00


Internasionale pluimpie vir Twee Oseane
Die internasionale vereniging vir ultramarathondeelnemers (IAU) het weer eens Gold Label-status aan die Twee Oseane-marathon toegeken.

Maroela Media Nuus

16 Feb, 10:00


Tshwane waarsku oor waterverbruik
Verbruikers word gewaarsku dat, indien die huidige waterverbruik voortduur, sal ernstige watertekorte beleef word.

Maroela Media Nuus

16 Feb, 09:00


Waterkrisis: Gevolgebestuur nou dringend nodig
“Meganismes om wanpresterende munisipaliteite tot verantwoording te roep – selfs in gevalle waar hofbevele uitgereik is om ernstige probleme soos rioolstorting reg te stel – blyk tans oneffektief te wees.”

Maroela Media Nuus

16 Feb, 09:00


Trump gaan SA se begrotingspendulum nie veel laat swaai – kenner
“Daar is baie ekonome wat van my gaan verskil, maar ek hoop minister Godongwana was nie suinig toe vanjaar se begroting opgestel is nie,” sê een ekonoom oor volgende week se begrotingsrede.

Maroela Media Nuus

16 Feb, 09:00


Vermeende ouetehuisdief aangekeer
Hy word verdink van diefstal by verskeie ouetehuise in Belfast, Middelburg, Howard en Paulpietersburg.

Maroela Media Nuus

16 Feb, 08:00


Verbruiker wen baanbrekersaak teen Cell C
In ʼn rigtingbepalende uitspraak het die Nasionale Verbruikerstribunaal bevind dat Cell C se internasionale swerwingskoste “onbillik, onredelik en onregverdig” is.

Maroela Media Nuus

16 Feb, 08:00


Helfte van SA tronke het nie behoorlike grensdrade nie
Die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, het onthul dat sowat R1 miljard nodig is om die omheiningstekorte te takel by 120 tronke landswyd.

Maroela Media Nuus

16 Feb, 08:00


Luister | ‘Dis wie ek is’ met Rian van Heerden
As daar een man wat in murg en been ʼn storieverteller is, is dit die aanbieder, restauranteienaar en vervaardiger Rian van Heerden.

Maroela Media Nuus

16 Feb, 08:00


Skoonheidskoningin se ma in Kaapstad aangekeer
Anabela Rungo, die ma van die skoonheidskoningin Chidimma Adetshina, is in Kaapstad in hegtenis geneem.

Maroela Media Nuus

16 Feb, 07:00


Komedie beslis ‘g’n grap’ vir Schalk Bezuidenhout
Hy is nie skaam om oor die egskeiding te praat of selfs grappies te maak op die verhoog nie, want ʼn komediant se lewe is ʼn oop boek, veral wanneer humor ʼn rol in genesing speel.

Maroela Media Nuus

16 Feb, 07:00


ANC, Iran se nou bande blootgelê
“Dit dui daarop dat die VSA intelligensie het wat wys dat die ANC in die geheim ʼn diep militêre vennootskap met Iran op taktiese én strategiese vlak bou.”

Maroela Media Nuus

16 Feb, 07:00


Jare se verval by Vrystaat-kinderhuis bedreig kinders se lewens
Jare se verwaarlosing het gelei tot ernstige strukturele skade, insluitend ʼn rioolstelsel wat nie meer werk nie en ʼn dak wat gedurig lek.

Maroela Media Nuus

22 Jan, 11:00


Opknapping van Clanwilliam-dam nou 10 jaar agter skedule
ʼn Mega-bouprojek om die wal van die Clanwilliam-dam hoër te maak was veronderstel om in 2018 voltooi te wees en die koste daarvoor het ook intussen verdubbel.

Maroela Media Nuus

22 Jan, 10:00


Verenigde mag in Sahel-streek om djihadiste te beveg
Drie lande in die Sahel-streek sal binne die volgende weke ʼn verenigde mag op die been bring as teenvoeter vir djihadistegroepe wat dié streek al jare lank teister.

Maroela Media Nuus

22 Jan, 09:00


Dodetal styg ná brand by Turkse ski-oord
Nege mense is in verband met die brand in hegtenis geneem. Moontlike nalatigheid word nou as oorsaak van die brand ondersoek.

Maroela Media Nuus

22 Jan, 09:00


Miljoene meer kyk nou Netflix
Die maatskappy skryf sy groei hoofsaaklik toe aan sy volgehoue beleggings in reekse en flieks wat kykers vasgenael hou. Squid Game, die gewilde Koreaanse gruwelreeks, bly die reeks wat nog die meeste in Netflix se geskiedenis gekyk is.

Maroela Media Nuus

22 Jan, 08:00


Dié makieties lê voor vir Afrikaans se eeufees in Mei
Beplan jy om in 2025 saam met Afrikaans Amptelik 100 makietie te hou, en hoe vier jy vanjaar Afrikaans se 100ste jaar as amptelike landstaal?

Maroela Media Nuus

22 Jan, 08:00


BCVO-skole spog met 99%-matriekslaagsyfer
Hardekool Akademie vir CVO in Lephalale is as die skool van die jaar aangewys.

Maroela Media Nuus

22 Jan, 07:00


Plesierboot slaan vure dood ná bemanning se kostuums skeefloop
ʼn Video van die kostuumpartytjie wys hoe die bemanning oor die dek van die Australiese plesierboot stap in wit katpakke en kegelvormige hoede. Dit het sommige klaarblyklik herinner aan die wit mantels en gemaskerde kappies van die destydse KKK in die VSA.

Maroela Media Nuus

22 Jan, 06:00


Finse egpaar gehelp ná seiljag by Mosselbaai strand
Deur die golwe fyn dop te hou, kon die seiljag wat aanvanklik op sy sykant gelê het, omgedraai word sodat die boeg na die see wys.

Maroela Media Nuus

22 Jan, 05:00


Amerikaanse state hof toe oor Trump se burgerskap-bevel
“Die president se uitvoerende bevel om geboortereg-burgerskap op te hef, is ooglopend ongrondwetlik en om die waarheid te sê, onamerikaans,” het Rob Bonta, prokureur-generaal van Kalifornië, met die bekendmaking van die hofsaak gesê.

Maroela Media Nuus

22 Jan, 05:00


Stompie veroorsaak glo brand by Rob Ferreira-hospitaal
Een van die pasiënte het glo gerook en ʼn stompie weggegooi wat op die verkeerde plek beland en die brand veroorsaak het.

Maroela Media Nuus

21 Jan, 19:00


SA stel prioriteite vir G20 as gasheerland bekend
President Cyril Ramaphosa het vandag by die Wêreld- Ekonomiese Forum in Davos Suid-Afrika se prioriteite vir die komende G20-beraad, wat in November in Johannesburg plaasvind, bekendgestel.

Maroela Media Nuus

21 Jan, 18:00


Vier vas oor brand by ski-oord wat 66 eis
Volgens mediaberigte het sommige gaste gesterf terwyl hulle probeer het om na veiligheid te spring.

Maroela Media Nuus

21 Jan, 18:00


Nog kommer oor Lesufi se ‘misdaadbestryders’ ná inhegtenisneming
Die inhegtenisneming van die misdaadbestryder, vir sy beweerde betrokkenheid by ’n skynontvoering en -rooftog, beklemtoon die gebrek aan oorsig en integriteit van die program.

Maroela Media Nuus

21 Jan, 17:00


Oud-Rainbow Farms-bestuurder verdink van korrupsie van byna R5 miljoen
Die twee beskuldigdes en hul maatskappye staan tereg op 134 aanklagte van korrupsie.

Maroela Media Nuus

21 Jan, 17:00


Dodetal styg ná Pienaar-massaskietery
Nog ʼn aanklag van moord is bygevoeg op die klagstaat van twee beskuldigdes in verband met ʼn massaskietery in Pienaar, Mpumalanga vroeër vandeesmaand.

Maroela Media Nuus

21 Jan, 16:00


Stilfontein-myn | Mediese bystand vir dié in aanhouding
Die getal persone wat in die hospitaal opgeneem is, het sedert 13 Januarie van nege toegeneem tot 32 op 21 Januarie.

Maroela Media Nuus

21 Jan, 16:00


Britse prinses Anne kuier blitsig in Kaapstad
Dit is die eerste keer in byna 13 jaar wat dié Britse koninklike Suid-Afrika besoek.

Maroela Media Nuus

21 Jan, 16:00


ANC se beplande hersamestelling in KZN, Gauteng beïndruk ontleders nie
“Soos ek die ANC ken gaan hulle lede toevoeg sonder om lede weg te neem.”

Maroela Media Nuus

21 Jan, 15:00


‘Glimmer van hoop’ vir SA ingenieurs ná Lamola se besoek
Hierdie beproewing het hulle van bykans twee jaar beroof, tyd wat hulle nooit kan terugkry nie.

Maroela Media Nuus

21 Jan, 15:00


Getuie buite landdroshof doodgeskiet
Die 27-jarige oorledene sou in ʼn moordsaak getuig.

Maroela Media Nuus

18 Jan, 16:00


Dosyne beseer in ongeluk by Spaanse ski-oord
“Ons het skielik ʼn geluid gehoor en in die stoel grond toe geval.”

Maroela Media Nuus

18 Jan, 15:00


Wes-Soutpansberg nou amptelik ‘n natuurreservaat
Bewaringsplanne is in plek om die biodiversiteit en kulturele erfenis van die streek te bewaar en te bestuur, terwyl volhoubare aktiwiteite soos ekotoerisme en omgewingsopvoeding aangemoedig word.

Maroela Media Nuus

18 Jan, 14:00


Ramptoestand ná storms ooste van Australië tref
Owerhede het Saterdag ʼn ramptoestand in dele van oostelike Australië afgekondig waar stormsterkte wind bome en kragdrade omgewaai het.

Maroela Media Nuus

18 Jan, 13:00


Jong ruiter bewys uithouvermoë oor duisende kilometer
“Dis ʼn groot vryheid wat Anné het en waarmee sy grootword wat haar absoluut vlerke gee.”

Maroela Media Nuus

18 Jan, 12:00


Omroeper nou suksesvolle sakeman
Jody Hendricks besit reeds vyf supermarkte in twee provinsies, en het groot drome vir die toekoms.

Maroela Media Nuus

18 Jan, 12:00


Goeie matriek-slaagsyfer vir korrektiewe skole
Altesaam 171 leerders het die NSS-matriekeksamen by 17 korrektiewe skole landswyd afgelê.

Maroela Media Nuus

18 Jan, 12:00


Werknemer verdink van ‘fop rooftog’ by misdaadintelligensie
ʼn Beampte van misdaadintelligensie word daarvan beskuldig dat sy ʼn rooftog by misdaadintelligensie se kantoor gereël het.

Maroela Media Nuus

18 Jan, 11:00


Plaaslike niggies sorg vir wêreldklas velsorg met ‘alles-in-een-benadering’
“Ons het basies alles wat goed is vir jou vel in een produk probeer sit en wil vir Suid-Afrikaners, maar ook die internasionale markte van velsorg, wys dat ons daartoe in staat is om wêreldgehalte velsorgprodukte te skep.”

Maroela Media Nuus

18 Jan, 11:00


Eerste vroueafrigter vol planne vir Wêreldbeker-rugby
Die Wêreldbeker-rugbytoernooi vir vroue skop oor 216 dae af. Laurian Johannes-Haupt is oortuig die Bokvroue kan Suid-Afrika weer trots maak.

Maroela Media Nuus

18 Jan, 10:00


Metropolisielid in hof oor kaping
“Ons werk baie hard om rooftogte met die gebruik van blouligte te stuit. Ons het kommerwekkende voorvalle gehad waar koeriermaatskappymotors en toeriste beroof word van hul besittings deur onbekende verdagtes met ʼn soortgelyke modus operandi.”

Maroela Media Nuus

18 Jan, 10:00


Polisie krap nog kop oor drie lyke op plaas in Mpumalanga
Die polisie in Mpumalanga is besig om ʼn misdaadtoneel te fynkam waar drie mense se liggame Vrydagoggend op ʼn plaas in Mpumalanga gevind is.

Maroela Media Nuus

18 Jan, 08:00


NDBV sal TikTokker vervolg oor dieremishandeling
“Sedert sosialemediaplatforms soos TikTok al hoe meer gewild geraak het, het die NDBV ʼn kommerwekkende toename gesien in video’s wat dieremishandeling uitbeeld.”

Maroela Media Nuus

18 Jan, 08:00


Perlemoenstropers in Houtbaai gestuit
Beamptes het beslag gelê op meer as 250 kg onwettige perlemoen.

Maroela Media Nuus

18 Jan, 08:00


Kusile-korrupsie | Staat staan Brit se borgtog teen
Lomas is in September 2024 ná jare se gesukkel eindelik aan Suid-Afrika uitgelewer, waarna hy formeel aangekla is vir sy beweerde aandeel in korrupsie wat Eskom R1,4 miljard gekos het.

Maroela Media Nuus

18 Jan, 08:00


Verdere deurbraak ná moord op Vrystaat-beamptes
Drie mense is tot dusver in hegtenis geneem in verband met die moord op twee polisiekonstabels van die Vrystaat.

Maroela Media Nuus

18 Jan, 07:00


Video | Man sterf in fratsongeluk toe vraghouer val
Die vragmotor het op die N2 in die rigting van Strand gery toe die houer die Kramatbrug getref en losgekom het.

Maroela Media Nuus

18 Jan, 07:00


Israel keur wapenstilstand-ooreenkoms goed
Dit bring ʼn einde aan dae se onsekerheid of dié ooreenkoms hierdie naweek in werking sou tree.

Maroela Media Nuus

18 Jan, 06:00


Rustenburg skoon, veilig danksy spanwerk
“Vandat Our Wards Matter gestig is, is die omgewing veiliger, mooi om na te kyk én verskeie probleme iets van die verlede.”

Maroela Media Nuus

17 Jan, 18:00


VSA-hof bekragtig wet wat TikTok verban
“Die Hooggeregshofbesluit was te wagte, en almal moet dit respekteer. My besluit oor TikTok sal binnekort geneem word, maar ek het tyd nodig om die situasie te hersien. Bly ingeskakel!” het aangewese president Trump gesê.

Maroela Media Nuus

17 Jan, 17:00


Sahpra waarsku oor risiko’s van medroksiprogesteroon
MPA is ’n sintetiese vorm van die hormoon progesteroon wat gebruik word vir voorbehoeding, die behandeling van endometriose-verwante pyn, en in palliatiewe sorg vir sekere soorte kanker.

Maroela Media Nuus

11 Jan, 16:00


Eskom vier beurtkragrekord, maar onwettige verbindings spook steeds
Eskom het aangekondig dat Suid-Afrikaners al vir 290 dae sonder beurtkrag is – ʼn rekord wat sedert 26 Maart verlede jaar voortduur. Die kragvoorsiener waarsku egter dat onwettige verbindings en diefstal van infrastruktuur steeds ʼn groot risiko inhou.

Maroela Media Nuus

11 Jan, 16:00


Krugerwildtuin maan besoekers om versigtig te wees in stormweer
“Ons wil gaste vra om nie kanse te waag nie. Dit is uiters gevaarlik om oor laagwaterbrûe te ry of afgesperde paaie oop te maak,” het Ike Phaala, woordvoerder van SANParke, gesê.

Maroela Media Nuus

11 Jan, 15:00


Hollywood | Vlamme verswelg LA; Liam Payne-doodsondersoek afgehandel
Mel Gibson, Miles Teller en Anna Faris onder dié wie se huise in puin gelaat is, en ons vind meer uit oor die storm wat om Justin Baldoni en Blake Lively se koppe woed.

Maroela Media Nuus

11 Jan, 15:00


Twee sterf in gru-ongeluk op Simon Vermootenweg
“Twee ligte voertuie en ’n voetganger was betrokke by die ongeluk. Ongelukkig is een van die insittendes van ’n voertuig, asook die voetganger, op die toneel dood verklaar.”

Maroela Media Nuus

11 Jan, 14:00


‘Ons land is ʼn slagveld’: Meer as 9 000 sterf in meervoudige moorde
“Ons leef in ʼn land waar die moordsyfers dié van oorloggeteisterde gebiede weerspieël, en in sommige gevalle selfs oortref. Dit is eenvoudig nie aanvaarbaar nie.”

Maroela Media Nuus

11 Jan, 13:00


Toetsdebuut vir krieketheld se seun laat emosie opvlam
“Corbin en Ethan Bosch het nooit ʼn pa gehad nie, so dit is ongelooflik dat hulle dit gemaak het en albei is baie goeie krieketspelers.”

Maroela Media Nuus

11 Jan, 12:00


DA eis antwoorde oor R60 miljoen-skandaal by militêre veterane
“Die minister moet verduidelik hoekom iemand met ’n rekord van finansiële wanbestuur as haar spesiale adviseur aangestel is. Suid-Afrika kan nie bekostig om swak advies te kry nie.”

Maroela Media Nuus

11 Jan, 11:00


Spoedvraat-broers gerat vir internasionale toer
Dié drie broers van Mokopane het al van jongs af ʼn liefde vir renmotors ontwikkel en kry binnekort die kans om Suid-Afrika tydens ʼn internasionale hitsmotortoer in Kaapstad te verteenwoordig.

Maroela Media Nuus

11 Jan, 11:00


Sewe sterf in massaskietery buite taverne in Mpumalanga
Lt.kol. Jabu Ndubane, polisiewoordvoerder, sê ses mense is op die toneel dood, terwyl ses beseerdes na ’n nabygeleë hospitaal gehaas is. Een van die beseerdes het egter later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Maroela Media Nuus

11 Jan, 10:00


Agt vas oor afpersing by Roossenekal-bouterrein
Die slagoffer beweer dat ’n groep individue, wat glo deur ’n raadslid is gelei is, hom genader en gedreig het.

Maroela Media Nuus

11 Jan, 10:00


Stilfontein-myners: Regering beveel om lewens eerste te stel ná dringende aansoek
Zinzi Tom, wat deur Lawyers for Human Rights verteenwoordig word, het haar broer as ʼn ordentlike man beskryf wat sy bendelewe omgedraai en hom tot onwettige mynbou gewend het om ʼn bestaan te maak.

Maroela Media Nuus

11 Jan, 09:00


Man in hof wat glo terreur help finansier
Ziyadh Hoorzook (35), die man wat verlede Vrydag in hegtenis geneem is weens sy beweerde oortreding van die Wet op die Beskerming van die Grondwetlike Demokrasie teen Terreur en Verwante Bedrywighede, sal tot volgende week moet wag om sy aansoek om borgtog in te dien.

Maroela Media Nuus

11 Jan, 08:00


Strenger sekuriteit by mediese fasiliteite geëis ná aanval op verpleegsters
“Dit is onaanvaarbaar dat ons verpleegsters hul lewe op die spel plaas wanneer hulle hul plig nakom. Ons eis dat die departement gewapende en bevoegde veiligheidsbeamptes aanstel, asook kameras en ander moniteringstoestelle by klinieke installeer.”

Maroela Media Nuus

11 Jan, 08:00


Drie ongelukke eis lewe van agt op Oos-Kaapse paaie
Een van die ongelukke wat op die N2 naby Phakade plaasgevind het, het die lewe van ses mense geëis toe ’n bakkie en ’n vragmotor gebots het.

Maroela Media Nuus

11 Jan, 07:00


Nazi-kamp-oorlewende, roeikampioen sterf op 102
“Van sy dae in Nazi-konsentrasiekampe tot sy roem as nasionale en internasionale sportheld – hy was ʼn man wat nie net die gruwels van die geskiedenis oorleef het nie, maar ook ander geïnspireer het.”

Maroela Media Nuus

11 Jan, 06:00


Video | Nuwe noodvoertuie skenk hoop vir gemeenskappe
Dié noodvoertuie word kosteloos beskikbaar gestel aan enige nooddiens en beman deur vrywillige, gekwalifiseerde paramedici.

Maroela Media Nuus

10 Jan, 18:00


Eerste bek-en-klouseer-geval in jare in Duitsland
Duitsland het Vrydag drie gevalle van bek-en-klouseer by waterbuffels op ʼn plaas naby Berlyn bevestig. Dit is die land se eerste aangemelde gevalle van die siekte in byna 40 jaar.

Maroela Media Nuus

10 Jan, 18:00


Gautengse wetgewer versterk bewustheidsveldtogte ná mensehandelvoorval
Die Gautengse provinsiale wetgewer sê hy is diep bekommerd oor die styging in mensehandel in die provinsie wat oor die afgelope paar jaar viervoudig toegeneem het.

Maroela Media Nuus

10 Jan, 17:00


‘Dekade lange verval op Lichtenburg moet nou einde kry’ – DA
“Diensverskaffers weier om opdragte uit te voer omdat hulle nie betaal word nie. Groot dele van die munisipaliteit sit weke lank sonder water of elektrisiteit, en die administrasie is onbevoeg om aan ander diensleweringsbehoeftes aandag te gee.”

Maroela Media Nuus

10 Jan, 17:00


Sterk steun dat Engeland wel teen Afghanistan krieket speel
Die Britse regering, die Engelse Krieketraad (ECB) en Krieket Suid-Afrika (KSA) het hul steun uitgespreek dat die wedstryd moet voortgaan.

Maroela Media Nuus

31 Dec, 16:00


Oujaarsaand: Geen alkohol ná sesuur in Jhb-middestad
Wetstoepassers staan gereed om die vreugdevure Dinsdagaand in die Johannesburgse middestad te blus.

Maroela Media Nuus

31 Dec, 16:00


JMPD-beampte in gesin se huis in Diepkloof doodgeskiet
“Haar gemerkte patrollievoertuig is buite haar gesin se huis aangetref. Die voorlopige ondersoek dui op ʼn moontlike poging tot ʼn rooftog omdat haar selfoon nie in haar besit gevind is nie.”

Maroela Media Nuus

31 Dec, 16:00


Vyf in Argentinië aangekla oor Liam Payne se dood
Argentynse owerhede het in November onthul dat klagte in verband met Payne se dood teen drie mense ingedien is. Maandag se beslissing beteken egter dat al vyf nou hof toe sal gaan.

Maroela Media Nuus

31 Dec, 16:00


Borgtog vir oud-onnie wat glo porno-foto’s stuur
ʼn Oudonderwyser en voormalige hoof van ʼn skool in Pretoria, wat glo foto’s van ʼn seksuele aard aan minderjariges gestuur het, is Dinsdag op borgtog vrygelaat.

Maroela Media Nuus

31 Dec, 15:00


2024 in foto’s
Hierdie jaar was vol oomblikke van triomf, tragedie en gebeure wat die wêreld verenig en verstom het. Hier is van die onvergeetlikste hoogte- en laagtepunte van 2024, vasgevang in foto’s.

Maroela Media Nuus

31 Dec, 15:00


Hengelaar by Tubatsedam vermoor toe bende toeslaan
ʼn Pa van Lydenburg wat saam met sy twee seuns en hul oupa by die Tubatsedam, naby Steelpoort in Limpopo, gaan visvang het, is dood nadat ses mans hom met assegaaie en gholfstokke aangeval het.

Maroela Media Nuus

31 Dec, 15:00


Matriekmeisie storm see in om jong man te red
“Ek kon voel ek gaan verdrink. Ek kon slegs met my hande in die lug waai om vir hulp te vra, maar ek dink die ander mense op die strand het gedink ek maak ʼn grap. Elani was die enigste een wat gesien het ek is in die moeilikheid.”

Maroela Media Nuus

31 Dec, 15:00


Geen liggame uit lykshuis op Barberton ‘gesteel’ – polisie
Die polisie in Mpumalanga sê hulle het met kommer kennis geneem van verskeie berigte wat op sosiale media versprei word waarin vals inligting weergegee word.

Maroela Media Nuus

31 Dec, 15:00


Seuntjie se herstel ná slangbyt ‘wonderwerk’
Klein Nivan van Niekerk (5) moes 13 operasies ondergaan en chirurge het sy ouers in ’n stadium daarop voorberei dat sy voet moontlik geamputeer sou moes word.

Maroela Media Nuus

31 Dec, 14:00


Koeberg suksesvol met nasionale netwerk gesinchroniseer
Koeberg se eenheid is weer suksesvol aan die gang en die uitgebreide opgraderingswerk is suksesvol met die land se kragnetwerk gekoppel.

Maroela Media Nuus

31 Dec, 12:00


Angelina, Brad bereik skeiooreenkoms ná 8 jaar
Jolie (49) was “gefokus daarop om vrede en genesing vir die gesin te vind”.

Maroela Media Nuus

31 Dec, 11:00


Appèlhof sê óók Trump moet betaal vir seksuele misbruik, laster
ʼn Woordvoerder van Donald Trump sê die Republikein sal nou verdere appèl aanteken.

Maroela Media Nuus

31 Dec, 11:00


Meer as 70 dood in padongeluk in Ethiopië
Die bestuurder het vermoedelik beheer oor die voertuig by die Gelana-brug in Bona Zuria Woreda verloor.

Maroela Media Nuus

31 Dec, 11:00


AfriForum hof toe oor matriekuitslae in media
AfriForum sal ʼn dringende aansoek van die Inligtingsreguleerder (IR), om die publikasie van die 2024-matriekuitslae in koerante te verhoed, teenstaan.

Maroela Media Nuus

31 Dec, 09:00


Ondersoek gedoen ná hiëna driejarige gryp
Ntando Mhlaba en ʼn maat het omstreeks 20:00 glo buite die lodge se perseel gespeel toe ʼn hiëna haar beetgekry het. Sy het op die toneel gesterf.

Maroela Media Nuus

31 Dec, 08:00


Omvattende ondersoek gelas ná Suid-Koreaanse vliegramp
Een familie het nege lede in die ramp verloor, onder wie die oudste passasier op die vliegtuig, wat sy eerste oorsese reis ooit onderneem het om sy verjaardag te vier.

Maroela Media Nuus

30 Dec, 15:00


Een vas oor brand by Platteklip
ʼn Verdagte wat verbind word met die brandstigting by Platteklipkloof op Tafelberg sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn op aanklag van brandstigting.

Maroela Media Nuus

30 Dec, 15:00


Sewe ton kokaïen in ondergrondse vraghouers gevind
Die Spaanse Burgerwag bestempel dit as die grootste beslaglegging op kokaïen wat per spoedboot na suidelike Spanje gesmokkel is.

Maroela Media Nuus

30 Dec, 15:00


Tronkstraf vir ouers van 13-jarige Serwiese skoolskieter
Die moorde op 3 Mei verlede jaar het Serwië, ʼn land waar massaskieterye ondanks hoë vlakke van vuurwapenbesit geweldig skaars is, geruk.

Maroela Media Nuus

30 Dec, 15:00


Kind sterf ná hiëna haar aanval
ʼn Jong dogtertjie is dood nadat ʼn hiëna haar glo by ʼn lodge in die Timbavati- private natuurreservaat aangeval het.

Maroela Media Nuus

06 Dec, 10:00


Kreefstropers bedreig ekosisteem, gemeenskap
ʼn Vaartuig is vandeesweek in die Overbergstreek aangekeer met 2 679 Weskuskreefsterte, waaronder 125 sterte van kreefwyfies wat steeds eiers gedra het.

Maroela Media Nuus

06 Dec, 10:00


Garsfontein-man in huisroof doodgeskiet
Luan Robberts en sy vrou, Jacoline, is Maandagoggend vroeg deur twee rowers oorval en vasgebind.

Maroela Media Nuus

06 Dec, 09:00


Stilfontein: Nog ses kom na oppervlak
Die mynwerkers het Vrydag in die vroeë oggendure na die oppervlak gekom.

Maroela Media Nuus

06 Dec, 09:00


Organisasies vat hande om Noord-Kaap-boere te help
Die voer sal genoeg wees vir 21 boere om nagenoeg 6 500 kudde, bestaande uit skape, beeste en boerbokke, te kan voer.

Maroela Media Nuus

06 Dec, 09:00


Ramaphosa bekragtig 3 wette
Pres. Cyril Ramaphosa het drie nuwe wette bekragtig, waaronder die Nasionale Padverkeerswysigingswetsontwerp wat beloof om korrupsie by lisensiekantore hok te slaan.

Maroela Media Nuus

06 Dec, 09:00


Tsoenami-vrees bedaar ná aardbewing in Kalifornië
Kaliforniërs is Donderdag gewaarsku om na hoër gebiede te vlug. Die waarskuwing is egter later gekanselleer.

Maroela Media Nuus

06 Dec, 07:00


Onteieningswet nog ʼn ‘rooi lyn’
Die burgerregteorganisasie AfriForum het dit aan die ANC duidelik gemaak dat die organisasie beduidende regstappe sal doen om private eiendomsreg in Suid-Afrika te beskerm.

Maroela Media Nuus

06 Dec, 07:00


Zama-zamas: Só staan sake in Sabie, Stilfontein
Meer as 40 vermeende onwettige myners is reeds na die oppervlak gebring by ʼn verlate myn in Sabie in Mpumalanga.

Maroela Media Nuus

06 Dec, 06:00


Aankondiging kom oor Walus se paroolstatus
Walus is op 7 Desember 2022 op parool vrygelaat en daar is destyds aangekondig dat hy vir nog twee jaar onder streng toesig van die departement van korrektiewe dienste (DKD) sal wees voor hy amptelik vrygelaat sal word.

Maroela Media Nuus

06 Dec, 06:00


McKinsey dok R1 miljard op oor oudhoof se rol in staatskaping
Die internasionale konsultasiegroep McKinsey gaan R1 miljard aan Suid-Afrika betaal ter erkenning van die skade wat veroorsaak is deur die rol van die groep se voormalige hoof in staatskaping.

Maroela Media Nuus

05 Dec, 20:00


Video: Pta-Oos-hospitaal brand
Die hospitaal se dak was teen vroegaand in ligte laaie. Die brand is intussen geblus.

Maroela Media Nuus

05 Dec, 20:00


‘Koelbloedig’ | Moeisame pad tot vergifnis ná Vaalharts-plaasmoord
Vir dié episode van ‘Koelbloedig’ gesels Mariska Nanni met Heidi Taljaard oor die moord op haar ouers, Dan en Breggie Brand, en haar sussie, Elzabie Brand, op hul plaas in Vaalharts in die Noord-Kaap. Sy praat onder meer oor die impak wat dit op hul hele familie gehad het, die konsep van vergifnis en waarom dit nou nog moeilik is om te aanvaar dat drie wonderlike, weerlose mense so wreed vir twee ou voertuie moes sterf.

Maroela Media Nuus

05 Dec, 18:00


Burgemeester, speaker van Sol Plaatje ‘onwettig verkies’
Die vergadering het reeds op ʼn slegte noot begin toe ʼn waarnemende speaker verkies moes word om die vergadering te behartig.

Maroela Media Nuus

05 Dec, 18:00


Gesamentlike landbouprojek ploeg terug in gemeenskap
’n Mens kom baie uitdagings op hierdie reis teë, wat met deursettingsvermoë oorkom moet word, maar die klein oorwinnings en die droom om dit vir my kinders te doen, hou my aan die gang.”

Maroela Media Nuus

05 Dec, 17:00


Agri NW skop ook vas teen hoër kragtariewe
Agri NW is van mening dat voorgestelde tariefverhogings die ekonomie ʼn doodskoot kan gee.

Maroela Media Nuus

05 Dec, 17:00


Slegs 5% Afrikaanse kinders wil in Engels skoolgaan
Die gevolgtrekking uit die studie wat handel oor moedertaalonderrig is duidelik vanuit die navorsing: Die groot meerderheid van leerders voel positief oor Afrikaans as onderrigtaal. Dit oortref selfs die persentasie van wat in 2023 se studie verkry is.

Maroela Media Nuus

05 Dec, 15:00


Regstappe teen regering oor gesloer met jagkwotas
“Die departement se versuim het nie net ’n negatiewe uitwerking op bewaring nie, maar ook op die ekonomiese lewensvatbaarheid van plattelandse gemeenskappe wat afhanklik is van die jagbedryf.”

Maroela Media Nuus

05 Dec, 13:00


‘Voldoende bewyse’ om Israel van volksmoord te beskuldig – Amnestie Internasionaal
“Die betreurenswaardige en fanatiese organisasie Amnestie Internasionaal het weereens ’n gefabriseerde verslag opgelewer wat heeltemal vals en op leuens gebaseer is,” sê Israel in reaksie.

Maroela Media Nuus

05 Dec, 13:00


Bela-ooreenkoms nié bindend, sê minister in die presidensie
“Nóg pres. Cyril Ramaphopsa nóg adj. pres. Paul Mashatile nóg ek was bewus van die ondertekening van die ooreenkoms.”

Maroela Media Nuus

05 Dec, 12:00


‘Ware rugbyman en sagmoedige Bokreus’ sterf
Johannes Gerhardus “John” Williams, die voormalige Springbokslot en -afrigter, is Donderdagoggend dood in die ouderdom van 78 jaar.

Maroela Media Nuus

03 Nov, 17:00


Spaza-versnaperinge eis glo die lewe van nóg ʼn kind
Die kind se ma en haar vierjarige boetie is ook albei met simptome in ’n hospitaal opgeneem nadat hulle ook van die versnaperinge geeët het.

Maroela Media Nuus

03 Nov, 17:00


Die week in foto’s
Beleef die afgelope week se wêreldwye nuusgebeure in foto’s.

Maroela Media Nuus

03 Nov, 17:00


DA, VF Plus sal moeilik RNE verlaat oor Bela
Politieke kenners meen partye se dreigemente om die regering van nasionale eenheid te verlaat, sou die Bela-konsepwet ten volle ingestel word, kan op leë beloftes uitloop.

Maroela Media Nuus

03 Nov, 17:00


Puik Proteas sluit reeks onoorwonne af
Die Proteas het altesaam 206 doele teen Malawi aangeteken, terwyl hulle ook net 93 doele afgestaan het.

Maroela Media Nuus

03 Nov, 17:00


‘Bendebaas’ Mark Lifman doodgeskiet
Die omstrede sakeman en bendebaas Mark Lifman is Sondag in George doodgeskiet.

Maroela Media Nuus

03 Nov, 15:00


Motsepe vir R3,4 miljard in Tanzanië gedagvaar
Patrice Motsepe en maatskappye waarin hy belange het, word daarvan beskuldig dat hulle ʼn vertroulikheidsooreenkoms oortree het.

Maroela Media Nuus

03 Nov, 14:00


Vermiste skipper: Verdagte ontsnap glo uit aanhouding
Ferdie Visser, die Suid-Afrikaanse man wat verdink word van betrokkenheid by die skipper John “Matambu” Dercksen se verdwyning, is soek.

Maroela Media Nuus

03 Nov, 14:00


Nog 340 onwettige myners uit skagte gedwing
Minstens 565 onwettige myners is nou reeds na die oppervlakte gedwing en in hegtenis geneem.

Maroela Media Nuus

03 Nov, 13:00


Vrou op ventilator ná Brits-aanval
ʼn Egpaar van Brits in Noordwes is tans in die hospitaal nadat hulle in hul huis oorval en erg aangerand is.

Maroela Media Nuus

03 Nov, 12:00


11-jarige wil op wêreldverhoog ‘vir Jesus sing’
Al het die lewe al vir Janke ʼn hele paar vals note uitgespoeg – van neurologiese afwykings tot verswakte visie – kan niks dié 11-jarige se liefde vir musiek en haar droom om op die wêreldverhoog vir Jesus te sing, demp nie.

Maroela Media Nuus

03 Nov, 11:00


Vrystaatse speurder as ‘heldin’ vereer
“Ek wil meer doen vir slagoffers van geslagsgebaseerde geweld,” sê sers. Nombi Bokamoso Peter van die Vrystaatse polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele ondersoeke.

Maroela Media Nuus

03 Nov, 10:00


16 beseer toe trein skielik moes rem
ʼn Trein van die Ceres-spoormaatskappy (CRC) moes Saterdag skielik rem om ʼn botsing met stilstaande Transnet-vragwaens te voorkom.

Maroela Media Nuus

03 Nov, 09:00


225 onwettige myners na oppervlak gedwing
Die polisie en die weermag het gemeenskappe in en om verlate mynskagte in Orkney vandeesweek daarvan verhinder om onwettige myners van kos, water en ander benodigdhede te voorsien.

Maroela Media Nuus

03 Nov, 09:00


Water in Bloem: Metro swyg oor foutboodskap
Talle Bloemfonteiners het tans nie water nie omdat die stelsel aanhou “Error 017”-boodskappe vertoon wanneer inwoners water elektronies wil aankoop.

Maroela Media Nuus

03 Nov, 07:00


Lewenslank vir moord op Polokwane-prof
Prof. Saber Tayob Mohammed, voormalige direkteur van die Universiteit van Limpopo se Skool vir Rekeningkunde, het op 13 Maart 2022 vroegoggend in Polokwane gaan draf toe hy doodgeskiet is.

Maroela Media Nuus

03 Nov, 06:00


Moord op Anika Smit: ‘Iemand weet meer as wat hulle voorgee’
“Aangesien daar baie bewerings teen Johan was – dat hy self by die grumoord op sy dogter betrokke was – wou hy graag sy naam skoonmaak.”

Maroela Media Nuus

03 Nov, 06:00


Bela | Grootste Afrikaanse optog in dekades verwag
“Dit is een van daardie geleenthede waaroor daar nog in die geskiedenisboeke geskryf gaan word.”

Maroela Media Nuus

03 Nov, 06:00


Luister | ‘Dis wie ek is’ met ONS
In die jongste episode van “Dis wie ek is” gesels Ruvé Erasmus en Marco van Deventer oor ONS se debuutalbum en hul liefde wat eintlik lank voordat hulle musiek begin maak het, geblom het.

Maroela Media Nuus

02 Nov, 19:00


Proteas weer in kol met meer as 60 doele
Jenny van Dyk se Protea-netbalspan het die tweede wedstryd teen Malawi met 69 – 38 gewen.

Maroela Media Nuus

02 Nov, 18:00


‘Duidelike antwoorde’ vir Media24-werkers ná kommissie se besluit
“Vir Solidariteit is die begin van die proses inderdaad goeie nuus aangesien ons baie hard gewerk het om ʼn billike en ʼn positiewe uitkoms vir al ons lede te verseker,” sê Johan Roos.

Maroela Media Nuus

01 Nov, 19:00


‘Versekeringsmoorde’: Polisiesersant, familielede bly in aanhouding
Die drie word daarvan beskuldig dat hulle betrokke was by die moord op nege mense om te baat by meer as R10 miljoen se versekeringsuitbetalings.

Maroela Media Nuus

01 Nov, 19:00


Aanklaer, twee polisiebeamptes in hof oor korrupsie, afpersing
Die klaer in die saak, wat aanvanklik in hegtenis geneem is, het glo omkoopgeld betaal sodat hy vrygelaat kon word. Hierna het sy vermeende afpersers egter aangehou om nog geld te eis.

Maroela Media Nuus

01 Nov, 17:00


Vreedsame oorgang ná Botswana-verkiesing
Botswana het ná 58 jaar onder die bewind van dieselfde party nou ʼn nuwe regering – en die land word geloof vir sy vreedsame oorgang en demokratiese kalmte.

Maroela Media Nuus

01 Nov, 17:00


Geskorste Matjhabeng-burgemeester skuldig aan aanranding
Die lyfwag en motorbestuurder het ʼn klag teen Thanduxolo Khalipa aanhangig gemaak nadat hy hulle aangerand en neerhalende opmerkings gemaak het.

Maroela Media Nuus

01 Nov, 16:00


Batohi gaan besluit oor Kodwa hersien
Die ANC het intussen die besluit om die vervolging teen Zizi Kodwa te staak verwelkom.

Maroela Media Nuus

01 Nov, 16:00


Meer as 200 sterf in oorstromings in Spanje
Die oorstromings het sedert Dinsdag voertuie meegesleur, brûe laat ineenstort en dorpe kniediep in modder gelaat. Dit word bestempel as dié Europese land se ergste ramp in dekades.

Maroela Media Nuus

01 Nov, 15:00


Besetters by Kasteel van Goeie Hoop verwyder; opruiming duur voort
Niemand het die reg om ʼn openbare ruimte vir hulself op te eis terwyl aanbiedinge van skuiling en maatskaplike bystand onbepaald geweier word nie, sê die burgemeester van Kaapstad.

Maroela Media Nuus

01 Nov, 14:00


Insette gevra oor ongevraagde bemarkingsoproepe
Belanghebbendes het 45 dae om hul insette in te dien.

Maroela Media Nuus

01 Nov, 14:00


ActionSA eis hersiening van besluit oor Kodwa
“Dit weerspieël die toenemende kommer oor die gebrek aan vervolgingsywer of selfs meer kommerwekkend, die moontlikheid van doelbewuste wanhantering in sake waarby hoëprofiel-individue betrokke is.”

Maroela Media Nuus

01 Nov, 13:00


Bloedig warm in dié provinsies hierdie naweek
In Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en die Vrystaat gaan dit hierdie naweek bitter warm wees en die weerdiens waarsku mense teen hitte-uitputting en sonsteek.

Maroela Media Nuus

01 Nov, 13:00


Kleinfontein wil formalisering versnel
Kleinfontein se aandeelhouers het ʼn nuwe regspan aangestel om dié woonbuurt aan die buitewyke van Pretoria te help om sy formalisering as ʼn wettige nedersetting te bespoedig.

Maroela Media Nuus

01 Nov, 12:00


Brandstofpryse styg waarskynlik vandeesmaand
Motoriste sal in November waarskynlik meer moet opdok vir brandstof want die vyf maande verligting by brandstofpompe kom binnekort tot ʼn einde.

Maroela Media Nuus

01 Nov, 11:00


Schalk Bezuidenhout, vrou skei ná 2 jaar
“Dit is ʼn moeilike tyd wat voorlê, maar ek weet julle sal daar wees om my te ondersteun.”

Maroela Media Nuus

01 Nov, 11:00


Landdros siek; saak teen Malema uitgestel
Die saak sou Vrydag verder aangehoor word, met die staat en verdediging wat slotbetoë sou voorlê nadat die verdediging sy saak gesluit het.

Maroela Media Nuus

01 Nov, 11:00


Foto’s |  Oranje vir Afrikaanse onderwys
Die Voortrekkermonument sal in November oranje vertoon. Dit sal ook die primêre kleur wees wanneer belanghebbendes volgende week na Vryheidspark opruk in ʼn massa-optog teen die Bela-konsepwet.

Maroela Media Nuus

01 Nov, 10:00


Steeds geen spoor van vermiste boer
Ná uitgebreide soektogte op die plaas van ʼn boer van die Leslie-distrik in Mpumalanga wat ses dae gelede spoorloos verdwyn het, is daar steeds geen teken van Ernest Rachmann (74) nie.

Maroela Media Nuus

01 Nov, 10:00


Vyf gewond in skietery in Frankryk
Wat begin het as ʼn skietery by ʼn restaurant, het geëindig in ʼn geveg tussen strydende bendes waarby honderde mense betrek is.

Maroela Media Nuus

01 Nov, 10:00


Bedrogklagte teen Kodwa, medebeskuldigde laat vaar
Zizi Kodwa, die voormalige minister van sport, kuns en kultuur, sal nou die “stukke van sy lewe kan optel” nadat daar besluit is om alle aanklagte van bedrog teen hom te laat vaar.

Maroela Media Nuus

01 Nov, 10:00


SOE slaan toe op Makana-munisipaliteit se kantoor
Daar word tydens die ondersoek gefokus op die kantore van die plaaslike owerheid se finansiële hoof, munisipale bestuurder, menslike hulpbronne en finansies.

Maroela Media Nuus

01 Nov, 10:00


Mauritius skort toegang tot sosiale media op
Die opskorting sal tot 11 November – ʼn dag ná die algemene verkiesing – duur.